SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Sport
Klubrugby-derby van formaat op pad in Faurestraat

Paarl-rugbyklub sê Saterdag vir Vineyards R.F.C. die stryd aan in Faurestraatstadion in ’n klubrugbywedstryd wat die dorp in rep en roer sal hê.

Dié Paarl-spanne sal hul stemme wil dik maak om te bepaal wie die nommereenspan in die Paarl gaan wees.

Die punte wat die spanne gaan aanteken, is ook belangrik vir hul WP- Superliga B-veldtog.

Paarl-spanne word gekenmerk deur hul goeie aanvallende rugby wat hulle oplewer en dit sal ’n goeie platform vir die spanne wees om die bal rond te gooi.

Vir Paarl gaan manne soos Conroy Eiman, Aulante Losper, Wilfred Bouwers, PJ Vermeulen en Danwel Demas fyn dop gehou moet word.

Vineyards het ook talle wedstrydwenners met name soos Sulaiman Antar, Edlynn Loff, Zubair du Plessis en Elvin Farmer wat hier hand kan opsteek.

Die wedstryd gaan ook een vir die geskiedenisboeke wees met die twee spanne wat vir die eerste keer mekaar in ’n ligawedstryd pak.

Alle paaie lei na Faurestraat waar die wedstryde reeds om 13:30 begin met die o.20’s. Die tweede spanne skop 14:40 af terwyl die eerste fluitjie vir die hoofwedstryd om 16:00 sal blaas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.