Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Kom loop vir hoop!

Die jongste verslag van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) onthul dat depressie die afgelope tien jaar met 18,4% toegeneem het en is wêreldwyd die grootste enkele oorsaak van ongeskiktheid.

Wêreldwyd is dit tans die derde grootste siekte en teen 2020 – oor net drie jaar – sal dit die tweede grootste wees en teen 2030 die heel grootste.

Een statistiek lui dat 350 miljoen mense wêreldwyd aan depressie ly, met ’n miljoen wat jaarliks hul lewe aan depressie verloor.

Niemand kan begin om die lyding voor te stel van diegene wat aan depressie sterf nie, soos nou weer met die tragiese dood van prof. Bongani Mayosi.

Daarom, hoe gouer die simptome herken en hulp verkry kan word, hoe beter kan dit met terapie en medikasie bestuur word. Depressie is ’n siekte, nie ’n swakheid nie, en kan behandel word.

Om te wys jy gee om, kom loop vir hoop om bewusmaking oor depressie te kweek en lewer so jóú bydrae om die stilte en stigma rakende depressie en ander psigiese siektes te verbreek.

As jy nie 3, 5 of 10 km wil stap of draf nie, kan jy ook trap – ry die Hope Bike, ’n 25 km-bergfietsprettrap vir die hele gesin.

Beplan nou al en kom stap of trap saam vir bewusmaking van psigiese gesondheid en dra iets blou om te wys jy’s ’n Ambassadeur van Hoop. Kuier ná die tyd en geniet die Blaauwklippen-mark se lekkernye, of Van Gaalen’s se heerlike Hollandse kaaspiekniek.

Die Loop vir Hoop word Sondag 14 Oktober van 07:45 by Blaauklippen in Stellenbosch gehou. Registrasie begin 06:30.

Besoek www.entryninja.com/events/event/30302-hope-hike-18 en klik op die Hoop Hike-skakel vir nog inligting.

Inskrywings is beperk – skryf dus dadelik in!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.