Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Kuikenmoord op Dal Josafat

Die Paarl-krieketklub het verlede Saterdag ’n rekordoorwinning van 194 lopies in sy 50-boulbeurt-wedstryd teen Young Peoples op Dal Josafat-stadion behaal toe hy die tuisspan van die veld af gespeel het.

Paarl het ’n reusagtige 289/6 teen die middelmatige boulwerk van die Tiere opgestapel met sy kaptein, Darryl Hendricks (75 in 79 balle), aan die spits met nege viere en ’n ses. Ná sy aanvangsvennootskap van 54 met Elric Jansen (25), was hy in ’n tweedepaaltjievennootskap van 93 met Morne De Vries (49).

Hierna het Akeem Minnaar (42*) en Herschelle Poggenpoel (56, 6x4, 1x6) die telbord aan die rol gehou om hul span in ’n wegholposisie te plaas.

Rabian Engelbrecht (6-1-19-2) het vroeg toegeslaan en op 13/2 was die Tiere reeds teen die planke. Lorenzo Jacobs (46, 2x4 en 1x6) en Wade October (28) het effense weerstand gebied, maar Waylin September (4-1-28-6) se draaiboulwerk het gou van die twee ontslae geraak.

Die tuisspan se kolwers was geheel en al uit hul diepte toe Poggenpoel (4-2-6-2) ook die bal begin draai en nadat October op 82/3 moes gaan stort, het Young Peoples heeltemal ineengestort.

Die laaste sewe paaltjies is vir slegs 12 lopies platgetrek, wat toegesien het dat die tuisspan vir ’n teleurstellende 94 in 26.4 boulbeurte uitgeknikker is.

Die onoorwonne Paarl lyk met hierdie bonuspuntoorwinning oorgehaal vir Saterdag se wedstryd op die Parys-veld teen dieselfde opponente, terwyl Young Peoples moet plan maak om te herstel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.