Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Larries maak skoonskip by Top-10 skole-atletiek

Die Top 10-atlete van HMS La Rochelle het op 10 Februarie aan die Sentraal NWU Pukke Top20-Atletiek in Bloemfontein deelgeneem.

Die Larries wen die meisies-afdeling vir die derde agtereenvolgende jaar met die hoogste gemiddelde punt van 818 punte, per atleet, op die ASA-tabel.

Ses van die 10 atlete is onder die Top 50 presteerders: Hana Sullivan, meisies o. 15 (gewigstoot), Tonet Tallie, meisies o. 15 (90 m hekkies, 300 m hekkies), Katinka Louw, o. 15 (200 m, 400 m), Leandra Custodio, meisies o. 17 (400 m hekkies), Tatum Maher, meisies o. 17 (400 m hekkies) en Janke Oosthuizen, meisies o. 15 (gewigstoot).

Die beste drie prestasies op die baan het ook aan die Larries behoort: Tonet Tallie, meisies o. 15 (eerste – 300 m hekkies), Katinka Louw, meisies o. 15 (tweede – 400 m) en Leandra Custodio, meisies o. 17 (derde – 400 m hekkies). Van die 20 prestasies wat die atlete behaal het, is agt goue medaljes, drie silwer en een brons medalje. Die aflos het ook goud gekry.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.