Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Legend Runner op dreef

Met die meeste sportbyeenkomste wat vanjaar weens die Covid-19-pandemie gekanselleer is, het die Legend Runner-organiseerders pas aangekondig dat hierdie gewilde hinderniswedloop die groen lig gekry het en om van 6 tot 8 November in die Paarl plaas te vind.

Legend Runner is die grootste en prettigste hinderniswedren in Suid-Afrika. Vanjaar vind dié geleentheid in die hartjie van die Paarl plaas met ’n keuse van 6 km- of 12 km-roetes langs die Bergrivier en die pragtige Arboretum. Daar sal ook ’n 1 km-pretloop vir die jongspan wees.

En soos gewoonlik sal daar baie pret langs die roetes wees.

Alle Covid-19-veiligheidsmaatreëls sal van toepassing wees. Deelnemers sal Saterdag en Sondag van 07:00 in groepe van slegs 100 vertrek om veilige fisieke afstand te handhaaf.

Vanjaar begin die wedloop by die Parys-sportterrein en anders as vorige jare sal daar nie ’n partytjie-venue wees nie. In plaas hiervan sê die organiseerder van die Legend Runner, Ferdinand Rabie, in die gees van ubuntu ondersteun Legend Runner Paarl-toerisme en nooi deelnemers en hul gesinne om na afloop van die wedloop na een van die vele restaurante in die Paarl te gaan waar daar baie spesiale aanbiedinge en vermaak sal wees.

“Elke deelnemer ontvang ’n geskenkpak wat ’n medalje en ’n buff sal bevat asook afslagbewyse van deelnemende eet- en drinkplekke,” het Rabie gesê.

Hy het bygevoeg dat die junior- en hoërskoolleerders wat die hoogste persentasie deelnemers vir Legend Runner inskryf, ’n kontantprys sal ontvang.

Maatskappye word ook uitgedaag om hierdie geleentheid as ’n spanbousessie te gebruik.

Daar sal geen wenners wees nie, sê Rabie, want almal wat aan die Legend Runner deelneem, is legendes. Daar is wel pryse vir die besgeklede hardlopers, asook gelukstrekkings..Om in te skryf, gaan na www.entryninja.com of www.legendrunner.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.