Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Legendariese roeier maak van Berg ’n molshoop . . .

Ten spyte van die grendeltyd wat so te sê alle sporttoernooie vir 2020 gekelder het, het die legendariese Paarlse roeier, Giel van Deventer, sy 50ste Bergrivier-kanomartahon voltooi.

Op ’n baie koue oggend van 16 Julie het Van Deventer saam met sewe ander roeiers oudergewoonte by die beginpunt van die uitmergelende kanomarthon by die Markstraatbrug in die Paarl weggespring om die 240 km tot by Velddrif aan te durf.

Die veteraan van die Berg sou verlede jaar al sy 50ste Bergrivier-kanomarathon voltooi, maar sy planne is in 2018 in die wiele gery toe hy tydens die eerste skof van die Berg ribbes gebreek het.

En nou was sy 50ste ook byna van die baan af, maar die organiseerders van die kanomarathon, Gameplan, het ’n virtuele Ultra Paddle van stapel gestuur waar kanovaarders van oor die wêreld heen die Berg kon roei in hul tuisdorpe asook in hul eie tyd kon voltooi.

Aangesien Van Deventer in die Paarl woon, was dit nie ’n onmoontlike taak om die werklike Berg te vaar nie – al gaan die uitslag hiervan ongelukkig nie amptelik tel nie. Van Deventer sê dit was wel ’n heerlike rit. Aangesien Bridge Town (wat die eindpunt van die tweede skof is) weens die grendeltyd gesluit is, was die tweede skof langer en het hulle by Misverstanddam geëindig.

“Soggens was temperature ysig, so 1 °C, maar verder was die dae baie mooi,” se Van Deventer.

“Die rivier was ook vol en het mooi geloop.”

Verder sê hy omdat die Ultra Paddle nie ’n amptelike kompetisie is nie, was hulle meer ontspanne en kon die rit rustig geniet word en meer stoppe is op die roete gemaak. Hulle het wel die marathon in die voorgeskrewe amptelike tyd voltooi en was daagliks tussen ses en ses en ’n half ure op die water. Hy sê hy sien daarna uit om volgende jaar weer in ’n volwaardige Bergrivier-kanomarathon te kan deelneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.