SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Sport
Linwill trap Let’s Play-prys tussen matriekboeke los

Linwill Jansen van Paulus Joubert Sekondêr is die wenner van Paarl Post se SuperSport Let’s Play-kompetisie vir Oktober.

Die talentvolle Jansen (18), wat uit ’n gesin van ywerige fietsryers kom, het sy laerskoolloopbaan by Amstelhof Primêr voltooi en is vanjaar in matriek by Paulus Joubert. Sy broer, Clint, is ’n vorige wenner van die voormalige Argus-fietstoer en is ’n beroepsryer by die Bike Aid-span van Duitsland.

Sy pa, Pieter, is die tegnikus vir die Suid-Afrikaanse Paralimpiese fietsryspan en was by die Paralimpiese spele in Londen en Rio.

Sy ma, Anneline, is volgens hom sy “steunpilaar en grootste ondersteuner”.

Wanneer dit by ander sport kom, het hy ook ’n liefde vir rugby. Hy het drie jaar gelede begin fietsry en is gekroon as die Wes-Kaapse junior padkampioen, vier keer as die Wes-Kaapse junior baankampioen, die Wes-Kaapse jeugfees-kampioen, die junior kampioen in naelren in die SA span, wenner van die o.23-afdeling in die Londen-na-Parys-fietsren en die wenner in die punte-afdeling in die Cape Rouleur.

Fietsry speel ’n groot rol in sy lewe en neem baie van sy tyd in beslag. Maandae en Woensdae doen hy twee uur lank baanoefeninge; Dinsdae, Donderdae en Saterdae oefen hy drie tot vyf uur op die pad en twee keer per maand neem hy Dinsdae aan baanrenne by die Bellville Velodrome deel.

“Soms gaan dit baie moeilik, maar ek hou darem ’n balans,” sê hy. “My onderwysers by die skool is ook baie tegemoetkomend – veral wanneer ek weg is vir wedrenne.”

Wat hy die meeste van fietsry geniet, is “die feit dat ons as span baie reis, die kameraderie as ons aan wedrenne deelneem en die gesonde kompetisie en wedywering”.

Sy sporthelde is Alejandro Valverde wat op 38-jarige ouderdom die Wêreld-padtitel vir beroepsryers gewen het, Nolan Hoffman, wat agt keer die Paarl-Boxingday-25-myl-ren gewen het en die All Black-rugbyspan vir hul vermoë om wedstryde tot die einde te speel en nooit moed op te gee nie.

Sy ouers en sy afrigter, Elrick Kulsen, is sy grootste aansporing in die lewe, sê hy.

Om te ontspan luister hy na musiek en kyk televisie. Hy beplan om ná skool ’n oorbruggingsjaar te geniet en ’n beroepskontrak los te ry.

“Oor 20 jaar sien ek myself as die eienaar van my eie beroepsfietsryspan.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.