Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Michaela dol oor hokkie, netbal

Dit is min dat leerders die kans kry om netbal en hokkie te speel omdat albei ’n wintersport is, maar vir die veelsydige Michaela Treu is enigiets moontlik.

Michaela is hierdie maand Paarl Post se SuperSport-Let’s Play-wenner.

Sy het haar skoolloopbaan by die Laerskool Bellville begin en daarna het sy in graad 3 by die Laerskool Drakenstein aangesluit.

“Ek hou baie van die skool. Dit voel soos ’n klein familie en ek word deur wonderlike ouers grootgemaak.”

Sy het in graad 1 ’n passie in netbal gevind en in graad 4 met hokkie begin. – twee sportsoorte waarvoor sy baie lief is en waarin sy haar uitleef.

Michaela het die Boland-o.13-hokkiespan verteenwoordig en ook die o.13- Kaapse Wynlande- skolenetbalspan.

“Ek het nooit ’n ander sportkode probeer nie want ek het ’n passie vir netbal en hokkie,” sê Michaela.

Haar oefenprogram sluit in netbal op ’n Maandag, Dinsdag en ook Donderdag vir een uur per sessie, of wedstryde. Sy oefen Woensdae en Sondae hokkie vir net langer as ’n uur.

“Ek beplan my aktiwiteite weekliks en hou veral van wedstryde. Ek is baie mededingend en hou daarvan om te wen. Ek het ’n ongelooflike afrigter, juffrou Eldri Neethling. Sy leer ons spanwerk en om altyd ons beste te gee, maak nie saak wat die uitkoms is nie.”

Haar sportheld is Sonny Bill Williams omdat hy ’n goeie sportman is, goeie dissipline op die veld handhaaf en altyd 100% gee.

“My ouers, Anzel en Granwill, inspireer my. Hulle is altyd daar om my te motiveer en leer my om nooit op te gee nie.” Michaela geniet dit om fliek te kyk “want daar is niks so lekker as om by die huis op die bank te lê en TV kyk nie”.

“Ek is nog nie seker van my loopbaan ná skool nie, maar dit gaan definitief iets in die een of ander sportrigting by Maties wees.”

Michaela sien haarself oor 20 jaar as ’n Protea-netbalspeler.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.