Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Ná 27 jaar is span weer in A-liga

Paarl-rugbyklub het Saterdag teen Bellville RFC te staan gekom in die uitspeelrondes van die WP se Superliga B.

Die eindfluitjie sou bepaal wie dring na die eindstryd deur en wie kry Superliga A-status in 2019.

Bellville, vars ná ’n goeie oorwinning van 24-15 oor Franschhoek RFC in die kwarteindronde, het die wedstryd met geesdrif begin en druk ook die eerste drie van die wedstryd.

Soos ’n goeie boksgeveg het die spanne op ’n gereelde basis punte aangeteken.

Vir die Paarliete het Conroy Eiman en Colin April in die eerste helfte drieë aangeteken. Paarl se goeie skrumwerk het ’n strafdrie voor rustyd afgedwing en die rustydtelling was 19-24 vir Bellville.

Dit blyk dat die afrigtingspan rustyd die manne van Paarl behoorlik oor die kole gehaal het, want in die tweede helfte het die span met nuwe vuur en ywer gespeel.

Eiman het vroeg in die tweede helfte weer oor die lyn gebars vir vyf punte.

Paarl se goeie aanvallende spel, gepaard met uitstekende verdediging en omgekeerde balbesit het druk op die Bellville-spelers geplaas.

Die agterspeler van die wedstryd, Romano Collins, en voorspeler van die wedstryd, Riaan ‘Bitter’ Williams, het grootliks bygedra tot die sukses van die span.

Met die druk wat aanhoudend toegepas is, het Paarl se X-faktor, Wilfred Bowers, hom goed van sy taak gekwyt en met vier strafskoppe geslaag sowel as ’n drie om Paarl in ’n sterk posisie te plaas met 43-27.

Met die laaste beweging van die wedstryd het April vir sy tweede drie oorgeseil wat Bowers verdoel het om vir Paarl ’n 50-27 oorwinning te gee.

Paarl-puntemakers: drieë: Conroy Eiman (2), Colin April (2), Wilfred Bowers (1), strafdrie: Bowers (1), doelskoppe: Bowers (3), strafdoel: Bowers (4).

. Met dié oorwinning keer Paarl terug na die Super A-kompetisie waarin hy 27 jaar gelede gerelegeer is. Paarl kom Saterdag 6 Oktober teen Primrose RFC te staan. Die wedstryd skop 14:15 af op Nuweland. Die klub hou ook sy jaarvergadering op 18 Oktober om 18:00 by Paarl-rugbyklub in Markstraat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.