Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Paarl draf ander spanne goed kaf

Paarl het Saterdag 5 Mei twee vriendskaplike wedstryde teen Goodwood-rugbyklub op Newton gespeel.

Die eerste en tweedespan het gespeel en Paarl het hom goed van sy taak gekwyt.

Die eerstespan se agterlyn was in ’n vernietigende bui en Cornal Hendricks het vier drieë gedruk met uitstekende ondersteuning van sy mede­spelers – dit sal onregverdig wees om enige agterspelers uit te sonder. Die eer moet ook aan die pak voorspelers gaan wat gesorg het vir goeie balbesit. Die lostrio was ook baie prominent met verdediging asook op die aanval. Die eindtelling was 57-12 in Paarl se guns.

Die tweedespan, wat bestaan uit spelers van die tweede en derdespan, het ook ’n goeie wedstryd gehad en Paarl wen met 38-26. * Paarl speel Saterdag teen NNK Parow op die A-veld van Evergreens. Ander spanne in aksie: Evergreens, Young Peoples Blues Stars, Young Gardens en Vineyards. Wedstryde begin 12:00. Kontak 079 799 9447.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.