Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Paarl-krieket goed op dreef

Die Paarl-krieketklub het verlede Sater­dag 14 November die seisoen op die Parys-sportterrein begin met ’n goeie opwarmingswedstryd teen Young People’s.

Die besoekers is in die 42ste boulbeurt vir 120 lopies uitgeboul om vir Paarl ’n oorwinning van 40 lopies te besorg.

Hoewel die kolwers nog ’n bietjie gesukkel het met hul tydsberekening, was die boulers goed afgewissel om te sorg dat die afrigter sy kombinasies kan uit toets. Leswin Titus het ook bevre­digend in sy debuut as paaltjiewagter in Paarl se topspan vertoon.

Paarl het besluit om eerste in bewolkte toestande te kolf en moes hard werk teen goeie boulwerk van die besoekende boulers. Clint Brockman (9-2-25-3), Darwin de Waal (7-0-27-3), Rafiek Moerat (8.1-1-22-2) en Devin Pietersen (10-2-25-2) het die kolftempo goed beheer waar Paarl se Herschelle Poggenpoel (24, 2x4), Tylon Matthee (22) en Cullen Heugh (27, 2x4) die beste bydraes gemaak het.

Matthee en Heugh kan in goeie veelsydige spelers ontwikkel en hul vennootskap van 41 om die agtste paaltjie het gehelp dat die tuisspan 160 kon haal in sy toegelate 50 boulbeurte.

Paarl het met flink veldwerk gesorg dat albei die besoekers se aanvangs­kolwers uitgehardloop word en dit was slegs Bjorn Hollenbach (34, 1x4) en Beuren Julies (22, 2x4) wat kon wal gooi teen die sterk Paarlse boulaanval, hoewel die 14-jarige Moerat ook die oog gevang het.

Poggenpoel (10-0-22-1) se linkerhandse draaiboulwerk, saam met Grant Chordnum (10-0-28-1) en Heugh (5-1-15-1) se wipballe het Young People’s se kol­wers vasgeknoop, terwyl Kyle Solomon (7-1-20-1) en Waylin September (1.3-0-3-2) die res van die paaltjies gedeel het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.