Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Paarl reken af met Wellington

Die Paarl-krieketklub het Sondag (15 Maart) Wellington se laaste hoop om die derde plek in die Boland se Premierliga te haal, met ’n oortuigende 29-lopie-oorwinning op die Pen Basson-veld in Wellington verpletter.

Paarl is in die derde plek – vier punte voor Van Der Stel.

Eerskomende Saterdag se laaste wedstryde is weens die koronavirus deur Krieket Suid-Afrika afgestel.

Nadat al twee spanne die vorige dag swaar nederlae gelei het (Paarl teen Coronation en Wellington teen Maties), was die wedloop om die derde posisie ’n groot aansporing.

Paarl se besluit om eerste te kolf het gelei tot ’n aanvangsvennootskap van 52 lopies tussen Robyn Andrews (30, 4x4) en Darryl Hendricks (53, 5x4 en 2x6).

Die betroubare Rantin Fortuin (23) het by Hendricks vir ’n tweedepaaltjievennootskap van 51 lopies aangesluit en daarna ’n puik vierdepaaltjie-vennootskap van nog ’n stewige 50 lopies saam met Herschelle Poggenpoel (27) opgestel.

Hierna het die kaptein, Waylin September (49, 5x4 en 2x6), die langsteel ingelê en grotendeels bygedra tot Paarl se 224/7 in 50 boulbeurte.

Tiaan Cloete (10-3-33-2) en Garreth Wolmarans (9-0-44-2) het die beste boulsyfers vir die tuisspan behaal.

Wolmarans (54, 4x4 en 1x6) het hard probeer vir Wellington totdat die draaiboulwerk van Fortuin sy stokke ontwortel het.

Sy vyfdepaaltjievennootskap van 88 lopies met Tiaan Cloete (34, 2x4) het die tuisspan in die prentjie gehou, maar die vaart van Kyle Solomon (9-1-36-3) en Rabian Engelbrecht (9-0-31-2) het tot die Wellingtonners se ondergang gelei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.