Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Paarl Rocks in MSL

Paarl gaan die volgende weke in pers geklee wees wanneer die tweede ronde van die Mzansi Superliga (MSL) op Boland Park plaasvind.

En die tuisspan, Paarl Rocks, is slaggereed vir Sondag se plaaslike kragmeting teen Cape Town Blitz op Eurolux Boland Park.

Dit is die tweede uitgawe van Suid-Afrika se T20-kompetisie, en dit is ’n geleentheid om die jong en opkomende talent van die land ten toon te stel en te koester.

Die MSL is Suid-Afrika se eerste superliga-twintig20 (T20)- franchise-kriekettoernooi wat dwars oor die land gespeel word met spanne wat verskeie Suid-Afrikaanse stede verteen­woordig.

Hierdie opwindende toernooi vind plaas vanaf 8 November tot 16 Desember met ses franchise­spanne wat deelneem.

Die ses spanne is Cpae Town Blitz, Durban Heat, Jozi Stars, Nelson Mandela Bay Giants, Paarl Rocks en Tshwane Spartans.

Die Paarl Rocks-span was in 2018 van die staanspoor af indrukwekkend en het die halfeindronde gehaal – ook onder leiding van die Protea-kaptein Faf du Plessis.

Die Paarl Rocks-span is aansienlik versterk deur die insluiting van die voormalige Proteas JP Duminy en Hardus Viljoen sowel as die huidige internasionale kolwer Dwaine Pretorius.

Die wêreldbekerwenner James Vince en die Sri Lankaanse internasionale speler Isuru Udana sal internasionale sterkrag na die reeks bring.

In Sondag se wedstryd pronk die Blitz ook met internasionale spelers soos Dale Steyn, Quinton de Kock en die Engelse veelsydige speler Moeen Ali, wat te staan kom teen die Tabraiz Shamsi, Duminy en Cameron Delport van Paarl Rocks.

Drie inwoners van die Paarl – Bjorn Fortuin, Ferisco Adams en Henry Davids – sal ook die manne in pers verteenwoordig.

Geoffrey Toyana, hulpafrigter van die Paarl Rocks, voel dat die span goed afgerond en gereed is om weer die sterk uitdaging aan te pak.

“Ek dink al ons basisse is gedek. Ons het ook twee uitstekende draaiboulers in die vorm van (Tabraiz) Shamsi en Bjorn Fortuin,” sê Toyana oor die span se topboulers.

“Die ander element van die boulafdeling word deur Hardus en Udana gedek; hulle gee ons die vuurkrag wat ons verlede jaar nie gehad het nie.

“As JP en Vince dan soos Faf (du Plessis) aansluit, beteken dit dat ons ’n sterk lyn van verdediging ??het. Daar is oor die algemeen goeie balans en algemene tevredenheid met die span.”

Die slegte weer in Johannesburg het uiteindelik die lot van die Paarl Rocks beslis in hul halfeindstryd teen die Jozi Stars in die 2018-kompetisie.

Hierdie nuwe, meer ervare en gemotiveerde groep sal in 2019 hoop om alles in die stryd te werp.

Die toernooi begin wanneer die verdedigende kampioen, Jozi Stars, môre (Vrydag 8 November) die Blitz by die Wanderers in Johannesburg pak.

Paarl Rocks pak die Cape Town Blitz Sondag 10 November 10:00 op Boland Park.

Kaartjies van R50 tot R120 is beskikbaar by www.ticketpros.co.za of by Eurolux Boland Park.

PAARL ROCKS-span:Faf du Plessis, Isuru Udana (Sri Lanka), JP Duminy, Tabraiz Shamsi, Hardus Viljoen, Kyle Verreynne, Bjorn Fortuin, James Vince (Engeland), Dwaine Pretorius, Cameron Delport, Sibonelo Makhanya, Henry Davids, Mangaliso Mosehle, Ferisco Adamsen en Kerwin Mungroo.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.