Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Paarl seëvier

Die Paarl Rugbyklub het Saterdag (6 Oktober) Nuweland toe gereis om Primrose RFC in die WP Superliga B finaal aan te pak.

Die tafel was gedek met goeie weersomstandighede en albei spanne wat reeds ’n plek in volgende jaar se Super A gewaarborg is.

Primrose het die wedstryd die vinnigste begin en ná 20 minute ’n voorsprong van 0-10 op die telbord gehad.

Die Paarliete het koelkop gebly en hul aanvallende struktuur op die verdediging afgedwing met Neville Adams wat in die hoekie oorgeduik het vir Paarl se eerste drie. Wilfred Bowers het dit uit die hoekie verdoel: 7-10.

Paarl het soos ’n lokomotief wat stadig spoed begin optel deur die ratte begin beweeg. Eers het die oud-Blitsbok Danwel Demas lyn toe genael vir ’n drie waarna die flank Riaan Williams oorgevlieg het vir ’n drie in die hoekie ná goeie samespel van die voor- en agterspelers.

Paarl was rustyd 19-10 voor.

’n Wipplank- tweede helfte wat klipharde duikslae en goeie aanvallende spel opgelewer het, het die skare op hul voete gehad. Spelers soos die jong flank Colin April en die Sumo-senter Aulante Losper kan veral erkenning hiervoor kry.

Primmies het ’n verdoelde drie gedruk en met die telling op 19-17 was die wedstryd in die weegskaal.

Paarl se kragboks op vleuel, Romano Collins, het ander idees gehad en met vaart deur die Primrose-lyn gesny om te gaan druk en Paarl in ’n gesaghebbende posisie te plaas. Bowers het verdoel;

26-17 met 10 minute se spel oor.

Met drie minute oor ontvang Primrose ’n rooikaart en die skeidsregter, Nathan Swartz, het ná 80 minute op sy eindfluitjie geblaas om Paarl ’n geskiedkundige oorwinning te gee.

Paarl het die eindstryd teen Primrose 26-17 gewen en die titel as WP se Super B-kampioene beklink.

Paarl moet nog sy trofee van WP af ontvang, maar die vieringe sal nie lank voortduur nie – die 7’s begin weer aanstaande week.

Die klub hou sy jaarvergadering 18:00 Donderdag 18 Oktober by die Paarl-rugbyklub in Markstraat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.