Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Paarliete swem in die Haai-tenk

Ses boorlinge van die Paarl sal vanjaar hul verskyning vir die Cell C Sharks maak by die Superrugby-reeks.

Die Superrugby-reeks het reeds einde Januarie begin en sal voortgaan tot einde Mei. Hyron Andrews (24) is in die Paarl gebore, maar het sy skoolloopbaan aan Hoërskool Garsfontein in Pretoria voltooi. Dié talentvolle speler draf uit as die span se slot. Grant Williams (23), skrumskakel, is ’n produk van Hoërskool Gimnasium Paarl en het sy Superrugby-debuut in 2018 gemaak. Thaakir Abrahams (20), ’n oudleerder aan Hoër Jongenskool Paarl, sal teenwoordig wees as die span se heelagter. Louis Schreuder (29) is nie net die skrumskakel vir die Sharks nie, maar hy is ook aangewys as die span se kaptein in vanjaar se toernooi. Die 20-jarige Boeta Chamberlain, ’n oudleerder aan Hoër Jongenskool Paarl, is aangestel as die span se losskakel. Thomas du Toit (24), nog ’n oudleerder aan Hoër Jongenskool Paarl, sal uitdraf as die span se stut. Hy is ook bekend as The Tank en het verlede jaar by die Wêreldbekerrugbytoernooi ingestaan vir die Springbokke se Trevor Nyakane nadat hy sy regterkuit geskeur het. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.