Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Pers dag vir Violets toe hulle in stof byt

Albions-rugbyklub is Saterdag welverdiend as die ligawenners van die Paarl-streek gekroon.

Vroeg in Augustus het Allandale en Laer Paarl (Blues) gelykop gespeel en dié telling het dit vir die Albions makliker gemaak om boaan die punteleer te eindig.

Albions moes net vyf punte uit die wedstryd teen Violets kry om as die kampioen gekroon te word.

Albions het van die afskop van die wedstryd die spel oorheers. Met goeie skrumwerk deur die stutte, Farrell Cedras en Nathan Tieties, was die Albions se skrumwerk uitstaande.

Waar die Albions nóg uitgeblink het, was in die lynstane waar die ervare kaptein, Wilbur Julies, weer gewys het dat daar nie maklik ’n bal verby hom gaan kom nie.

Binne die eerste vyf minute het die regtervleuel, Juan Williams, dit reggekry om oor die doellyn te gaan en dié drie word gevolg met nóg drieë deur Andre Mangena, Wade Schoor en Julian Hefca. Julian is ook as die speler van die wedstryd aangewys.

Net twee van die vier drieë is deur Gershwin Moses verdoel. Die rustydtelling van 24-7, in die guns van Albions, beteken dat die wenspan reeds ’n bonuspunt gehad het.

In die tweede helfte het Violets wakker geskrik. Die manne in pers het in die tweede helfte goeie rugby gespeel en gereeld oor die voordeellyn gebreek om Albions op die agtervoet te hou. Albions wen die wedstryd met 24-17.

. Albions se tweede span, met Wesley Rossouw aan die stuur van sake, het Violets met 52-6 geklop. Hierdie span bewys elke week dat hy ’n span is wat nie maklik geklop kan word nie en hy het ook die geleentheid om as ligawenners uit die stryd te tree – afhangende van die uitslag van volgende Saterdag se feeswedstryd tussen Riverstones en Violets.

Die span speel ook goeie hardlooprugby en die afrigtingspan, onder leiding van Garret Watts, verdien ’n pluimpie vir hul span se goeie vertonings.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.