Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Rangers wys wie is baas

Paarl Rangers het verlede Saterdag Young Standards in Faurestraatstadion 42-23 geklop.

Rangers het reg van die begin af aanvallende rugby gespeel en is ook so beloon met die eerste punte deur die knap onderkaptein, Lee-Grant Fortuin, wat onder die pale gaan druk het.

Fortuin het verras deur vier drieë te druk en is ook as speler van die wedstryd aangewys.

Spelers wat uitgeblink het was onder andere die kaptein, Kurt Andries, Morne Williams en die ervare Oswald Thomas.

Agterlangs was Lee-Grant Fortuin en Gussie Farmer asook Emilio Jacobs die uitblinkers.

Die Rangers-span, wat hierdie seisoen aantreklike rugby speel, lê op die oomblik boaan die puntelys ná slegs twee wedstryde, maar sien uit na ’n taai liga wat hulle graag hierdie jaar in hul feesjaar sal wil wen.

Opkomende wedstryde teen veral Allandale en Blues behoort ’n ware uitdaging en toets te wees vir die span van Rangers.

Een van die spelers om voor uit te kyk, is veral Carlon Carolissen.

Die span is sedert sy vriendskaplike wedstryde nog onoorwonne.• Rangers se tweede span wen 14-5 en die derdes wen 15-5. Eerskomende naweek het al die klubs ’n loslootjie a.g.v. Paasnaweek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.