Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Roses kraai koning in derbystryd

Saterdag kon rugbyliefhebbers weereens rugby van ’n goeie gehalte op Newtonpark in Wellington aanskou.

Ondanks die reënweer het talle toeskouers van reg oor die Boland kom kyk hoe Roses United en Hillcrest United (Hillies) mekaar die stryd aansê in ’n derbykragmeting waarin Roses met 26-22 koning gekraai het. Roses het gewys hoekom hy die afgelope drie jaar die Witsentraal-kampioen is.

Hillies het baie vinnig begin en kon in die eerste minuut ’n strafskop afdwing wat deur Elton Fortuin verdoel is. Die manne in blou het Roses telkemale onkant betrap en Roses se verdediging moes bontstaan. Dit het gelei tot die eerste drie van die wedstryd toe Geoffrey Allies vir Hillies gaan druk en Fortuin die drie verdoel het. Roses het kort voor halftyd teruggekap met ’n drie ná ’n goeie rolmaalbeweging. Baie punte het weens talle hanteringsfoute as gevolg van die nat weer verlore gegaan en die wedstryd het 10-5 in die guns van Hillies geswaai.

Die tuisspan het onmiddellik ná halftyd vars bene op die veld gebring, naamlik Perciville Williams wat die wedstrydtempo kom versnel en sy voorspelers goed oor die voordeellyn gedra het. Williams, wat baie ervare is, het Hillies met goeie breekslae en taktiese skoppe geteister.

Roses het die krane begin oopdraai en drie drieë in 30 minute ingeryg.

Ondanks die agterstand het Hillies nie gaan slaplê nie. Die besoekers het daarin geslaag om binne vyf minute twee drieë – deur Allies en Renaldo Festus – en een doelskop deur Jeandre Abrahams aan te teken. Dit was egter te laat vir die manne in blou.

Vir Roses het Williams en Johnwin Lewis die wedstryd aan die brand gespeel terwyl Maxwell van Louw ’n barshou gespeel het. Voorlangs het die manne mekaar behoorlik saggemaak en Kennedy Rorwanna het Ryan Persence talle kere ore in die lynstaan aangesit.

Lesley Gertse het in die middelveld kliphard verdedig en telkemale die besoekers se verdedigingslyn gebreek.

Puntemakers: Roses: Drieë deur Kelvin Fikster, Williams, Ryan Julies en Ranna. Doelskoppe: Julies (3)

Hillcrest United pak komende naweek Hamlets in Ceres, terwyl Roses United in nog ’n derby kragte meet teen Newton op Bombelapark.

Hillcrest: Drieë: Geoffrey Allies (2) en Renaldo Festus (1). Doelskoppe: Elton Fortuin (1), Jeandre Abrahams (1). Strafskop: Elton Fortuin (1).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.