Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Roses United verloor

Roses United het Saterdag ’n skok-nederlaag teen Bella Vista in Ceres gely.

Die Boland-kampioen moes die knie buig nadat hy 17-23 deur die tuisspan verslaan is.

’n Verdoelde drie deur Scott-Lee Fredericks in die doodsnikke van die wedstryd het die skaal in die guns van Bella geswaai. Roses het kort tevore gaan druk en was in ’n gunstige posisie om die wa deur die drif te trek ná Thurlow Marsh (kaptein) die daaropvolgende afskop pragtig beheer het met speeltyd skynbaar verstreke.

Die besoekers, wat 17-16 voorgeloop het, het egter om die een of ander onverklaarbare rede steeds met die bal in hul eie gebied probeer hardloop. Hulle is in die middelveld in besit betrap en die haastige Fredericks het in die linkerhoek afgerond en sodoende die tuisskare in ekstase gehad.

Volgens Marsh was Bella Vista die beste span van die dag.

“Bella verdien om te wen want ons die meeste van die balbesit en gebiedsvoordeel geniet.

“Hulle was baie aggressief op verdediging en dit het ons op die agtervoet gesit. Roses is gekwes, maar ons sal hierdie week ons wonde lek en Hamlet sal Saterdag moet wal gooi,” het Marsh gesê.

Franzel September, Roses se direkteur van afrigting, sê Roses het gesukkel om sy ritme te vind: “Ons is telkemale by die afbreekpunte gestraf en ons kon net nie ons ritme vind nie. Ons sal dié week hard werk en regstel wat verkeerd was.

Puntemakers: Roses: Drieë: Maralack, Tyrone Abelse en Kelvin Fikster, doelskop deur Percy Williams.

. Rowan Ranna, die spogvleuel van Roses, het Saterdag sy laaste wedstryd gespeel. Hy verhuis na Vredendal vir werksverpligtinge. Hy het Roses Saterdag op die veld gelei.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.