Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Rugbyliga amptelik aan

Paarl-rugbyklub se tweede span, onder die leiding van Jacobus du Plessis, het Saterdag sy W.P. Superliga B-veldtog op ’n wennoot afgeskop.

Bradley Sias het vir Paarl uitgeblink en het met sy naam op die drieëlys en ook as speler van die wedstryd uit die stryd getree.

Die spoedvraat John de Wee en Paarl se skrumskakel, Henry Hall, het ook agter die doellyn gekuier en Marshall Goliath het twee van die drieë verdoel.

Brendon Pekeur het sy stempel vir Young Peoples op die wedstryd afgedruk en twee drieë gedruk.

Fagan Matthews het een drie verdoel.

Paarl het hierdie naelbytstryd, wat eers met die blaas van die eindfluitjie beslis is, 19-17 gewen.

Paarl reis die komende Saterdag na Kraai­fontein om die tuisspan daar te pak.

Paarl-driedrukkers: John de Wee (1), Henry Hall (1), Bradley Sias (1). Doelskoppe: Marshall Goliath (2). Young Peoples: Brandon Pekeur (2), Ashley Koopman (1).

Doelskoppe: Fagan Matthews (1).


Uitslae:

Paarl vs. Young Peoples 12-16
Riverstones vs. Young Standards 17-20
Simondium vs. Lower Paarl 13-16
Young Gardens vs. Albions 17-14
Rangers vs. Perel United 38-0
Allandale vs. Violets 40-0


Wedstryde:

. Paarl vs. Kraaifontein (weg)
. Young Peoples o. 20 vs. Hands & Hearts o. 20 (Daljosafat A)
. Young Peoples vs. Hands and Hearts (Daljosafat A)
. Albions vs. Paarl United (Daljosafat D)
. Young Standards vs. Paarl Rangers (Daljosafat C)
. Violets vs. Young Gardens (Daljosafat B)
.
Simondium vs. Riverstones (Simondium)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.