SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Sport
Seisoen begin goed vir Young Peoples

Die krieketseisoen het weer begin en Young Peoples (Tiere) se tweede span het die afgelope naweek teen Bergrivier-krieketklub kragte gemeet.

Die Tiere het dié tweede ligawe­d­stryd van Boland-krieket maklik met vier paaltjies gewen.

Young Peoples, wat die loot gewen het, stuur Bergrivier eerste in om te kolf en teken slegs 177/10 in 33.3 beurte aan met Anwill Arnold wat die meeste lopies (66) bygedra het.

Vir die Tiere blink Dean Jacobs met 3/19 in 3.3 beurte en Zachary van Schoor met 3/26 in 10 beurte uit. Die Tiere haal die totaal in slegs 32.2 beurte met Jacobs wat ’n waardevolle 73 lopies aanteken. Ander uitblinkers was Romano Muller (42*), Marlen Alexander (31*) en Ashley Raubenheimer (26).

In die wedstryd van die derde span het die jong Tiere 191/10 in sy derde ligawedstryd teen Paarl 3 op Dal Josafat-stadion aangeteken.

Preston de Jager (55), Achmat Ali (24), Jacques Mouton (22) en Garth Mouton (25) vaar goed met die kolf. Die span boul Paarl vir slegs 117 uit in die 19de beurt en verseker die oorwinning met Noah van Niekerk wat 4/18 in 6 beurte neem.

. Hierdie naweek se wedstryde: Young Peoples 1 vs. Robertson 1, Young Peoples 2 vs. Tulbach Pioneers 2 en Young Peoples 3 vs. Raithby.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.