SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Sport
Span van Klapmuts loop nie bloutjie in promosie-liga

Blue Stars United-rugbyklub van Klap­muts het die rugbyseisoen onlangs met ’n oorwinning van 17-15 teen die sterk span van Masiphumelele op die Noordhoek-sportterrein afgesluit.

Met hierdie oorwinning het die span van Klapmuts seker gemaak dat hy boaan die promosie-liga vir die A- en B-span eindig.

Blue Stars spog reeds dat hy vroeër vanjaar die liga vir spanne in die Noordelike sone van die WP-klubkompetisie verower het.

Die spanne van Blue Stars United spog met die besondere prestasie dat sy A- en B-span vanjaar vir die laaste 12 wedstryde in alle WP-kompe­tisies onoorwonne is.

Verskeie spelers het hulle vanjaar goed van hul taak gekwyt met onder andere Marshilino Brits (vleuel), die skrumskakel Ashley Fakuni en die veelsydige losskakel/senter en flank Chase Jacobs wie se uitstaande spel menige span geklop het.

Puntemakers in die Blue Stars-span was: drieë: Marshilino Brits, Chase Jacobs en Collan Jepthas. Doelskop deur Wilbur Smith.

Die B-span van Blue Stars United wen Masiphumelele met 36-12.

Blue Stars speel volgende jaar in die Superliga se C-adeling van die WP-klubrugbykompetisie.

. Die klub se bekeruitdeling is Vrydag 30 November in die Klapmuts-skoolsaal en kostes beloop R150 vir ondersteuners en R100 vir spelers.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.