Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
SPORTDAGBOEK
RUGBY

Young Peoples RFC kom Saterdag teen Rangers (Kaap) in hul tweede ligawedstryd op Faurestraat-stadion en die o.20’s op Boy Louw-veld te staan. Die o.20’s en derde spanne begin om 13:30, met die hoofwedstryd om 16:00. Oefening gaan voort op Dal Josafat, Dinsdae en Donderdae om 18:00.

Hillcrest United-rugbyklub pak hierdie naweek Tulbagh-rugbyklub in ’n grootuitdaag-ligawedstryd. Die span van Wellington dra hierdie wedstryd op aan ’n speler en getroue ondersteuner wat hulle die naweek ontval het. Die bestuur moedig alle toeskouers aan om ’n swart strikkie of armband te dra. Die hekke open om 12:30 en wedstryde begin vanaf 13:30. Die hoofwedstryd skop af om 16:00. Toegang beloop R10 per persoon en R10 per voertuig. Vir meer inligting bel die klub se sekretaris Jovan-ré W. Cupido, by 073 296 3575 of jovanrewc@gmail.com.

Albions-rugbyklub hou sy jaarlikse gholfdag op 23 April op Wellington-gholfbaan. Die dag word vernoem na ’n voormalige sterspeler, Desmond “oom Slap” Davids. Davids het twee jaar gelede aan ’n hartaanval gesterf. Oom Slap, soos hy bekend was, was in die Paarl ’n kranige rugbyspeler wat van slot tot heelagter gespeel het. Hy het ’n groot liefde vir gholf gehad en was ’n Boland-gholfspeler. Sportsterre wat bevestig het dat hulle ook sal deelneem, is Elgar Watts, Danwell Demas, Allister Vermaak en Eugene Francis. Inskrywingsgeld is R280 per speler. Vir meer besonderhede, bel die sameroeper Morne Philander by 076 592 5569. Die manne span speel hierdie naweek teen Laer Paarl (Blues). Almal word versoek om die oefeninge by te woon wat elke Dinsdag en Donderdae op Daljosafat stadion plaasvind. Vir meer besonderhede oor wedstryde, bel Ashwin Williams by 083 383 0976.

ATLETIEK

Alle atlete wat op Maandag 1 Mei diens by die Safari-halfmarathon doen, word vriendelik uitgenooi om op Donderdag 27 April deel te neem aan die vooraf-wedloop. Alle belangstellendes is baie welkom. ’n Geldinsameling in die vorm van ’n braaiverkope teen R50 per bord word agterna gehou, asook die oorhandiging van bibs. Bel Joseph by 061 167 6190 vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.