SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Sport
Standards speel tot hy blou is, maar kom nêrens

Lower Paarl RFC (Blues) het Saterdag sy topses-kompetisie in die Paarl-streekliga met ’n oortuigende oorwinning begin deur Young Standards met 53-10 af te ransel.

Die twee spanne was ook die vorige week slaags in die ligawedstryd toe Blues in die doodsnikke met 27-24 geseëvier het. Hierdie keer het Blues regtig ’n stappie op beweeg en Standards het hom vasgeloop in ’n begeesterde blou masjien.

Blues het alle fasette van die spel oorheers. Sy aanvallende spel was een om te aanskou en die groot skare van die spanne het hardlooprugby op sy beste gesien. Rustyd het Blues reeds met 26-5 voorgeloop en die skrif was aan die muur.

Standards het nie antwoorde gehad vir die manne in blou nie en hier moet Blues se verdediging ook uitgesonder word met die kaptein, Rennie Jacobs, aan die spits.

Die tweede span van Blues het in die doodsnikke ’n 10-0 voorsprong weggegooi en met 10-10 gelykop teen Young Standards se tweedes gespeel.

Saterdag lei alle paaie na Dal Josafat-stadion, wanneer Blues en Albions kragte meet. Die verwagtinge is groot vir een van hierdie twee spanne om met die topses-beker weg te stap.

.
Albions, wat hierdie jaar vir die eerste keer as Paarl-streekligakampioen gekroon is, sal ook die topses-beker wil huis toe neem. Blues, wat ná Albions in die tweede plek geëindig het, sal ’n stokkie daarvoor wil steek. Albions word definitief as die gunsteling beskou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.