Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Swaartekrag te sterk vir Hillies

Newton (Bombelas) het behoorlik oor Hillcrest United (Hillies) geloop in die plaaslike derby waar baie toeskouers die skouspel kom aanskou het.

Newton se finesse en flair was hopeloos te veel vir die Hillcrest-aanslag. Newton het eerste bloed geruik toe die drieë-vraat, Keaton Booysen, soos ’n springhaas sy teenstanders laat stilstaan het. Hillies het geantwoord met ’n strafskop en kort hierna het die speler van die dag, Renaldo Pietersen, met brute krag sy teenstanders voor hom platgevee en met drie verdedigers op sy rug die doellyn oorgesteek. Hillies het teruggeslaan met ’n drie deur Emilio Coetzee en die manne kon gaan water drink met Newton 12-11 voor.

Net ná rustyd het Hillies onmiddellik voorgeloop met ’n strafskop deur Frank Abrahams en Newton het na ’n hoër rat oorgeskakel.

Eers het Devrudin Abrahams netjies afgerond nadat Keanon Booysen die verdediging gefnuik het.

Hierna het Ricky Jordaan waarskynlik die drie van die dag gedruk nadat hy steelkant gebreek het en byna 40 m moes nael en vier verdedigers moes klop.

Die Newton-skare het gekraai van lekkerte en spontaan begin sing. Voorlangs het kaptein Denzil van Wyk saam met Reeva Ruthford die harde werk gedoen en Hillies behoorlik gelooi met sy stormramlopies.

Na-ym Jansen en Enrico Claasen het die veld vol gespeel en omgekeerde besit verseker wat die gevaarlike agterspelers in besit gestel het. Geoffrey Allies (Hillies) het moedig probeer, maar die oormag was te groot. Agterlangs het Erwin Williams met slim kantlynskoppe die swaar pak voorspelers van Hillcrest aanmekaar laat omdraai.

Die tweeling, Keaton en Keanon Booysen, het telkemale die skare op hul voete gehad met hul intelligente hardlooplyne en vlymskerp breekslae. Eindtelling 29-14. Newton-puntemakers: drieë: Devrudin Abrahams (2), Ricky Jordaan (1), Keaton Booysen (1) en Theo Marinus (3) doelskoppe en een strafskop.
. Die Boland-keurders kan gerus hul oë op hierdie spelers hou, want hulle is beslis bestem om vir hoër spanne te speel. Newtons speel die naweek weg teen Evergreens (Paarl) en die vonke gaan behoorlik spat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.