Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Toekenningsaand van die baan

Die afgelope paar jaar het Let’s Play ’n instelling geword waar Paarl Post in samewerking met SuperSport die uitnemendheid van die vallei se jong sportsterre vier.

Elke maand is ’n sportster van een van die verskeie skole in die dorp as die sportster van die maand aangewys en aan die einde van die jaar word ’n alge­hele wenner op ’n glans­geleent­heid aangewys. Dié geleentheid word dan op SuperSport uitgesaai.

Dit is egter met groot jam­mer­te dat Paarl Post moet be­vestig dat Let’s Play nie van­jaar kan voortgaan nie weens die Covid-19-pandemie.

Paarl Post het wel vroeër vanjaar vyf sportsterre geïden­tifiseer wat in hul onderskeie sportsoorte uitgeblink het. . Benjamin Calitz, ’n gr.12-leerder aan Hoërskool Gimna­sium Paarl, is vroeër vanjaar gekies om Kanada by die o.19-krieketwêreldbeker­toernooi in Suid-Afrika te verteenwoordig.

Benjamin is in Vancouver gebore en kon dus in aanmerking kom vir die Kanadese keuring toe hy in 2018 met die kolf by die manskrieketwêreld-afdeling se twee-toernooi uitgeblink het wat in Namibië plaasgevind het.

Sy indrukwekkende 54 lopies in die interskolewedstryd teen die Hoër Jongenskool Paarl vanjaar het Paarl Gim gehelp om met 112 lopies te wen. . Pierce Kotze, ’n gr.9-leerder aan die Hoër Jongenskool Paarl, is deur Swem Suid-Afrika gekies om aan die Cana Zone IV-swemkampioen­skap deel te neem. Dié kampioenskap is van 20 - 23 Februarie in Gaborone, Botswana, gehou.

Pierce en die SA span het uitstekend gevaar.

Hy het drie bronsmedaljes in die individuele items verwerf terwyl hy saam met die aflos­span twee goue en twee silwermedaljes huis toe gebring het. . Amber Titus, ’n gr. 9-leerder aan Wellington Sekondêre Skool, is tans die Wes-Kaapse kampioen in die 100 m en ook die 100 m- en 200 m-Boland­kampioen vir meisies o.15.

Benewens atletiek blink die merkwaardige sportvrou ook op die netbalbaan uit en het sy ’n passie vir dans. . Dihan Huisamen, ’n matrikulant aan die Hoërskool Labori, blink in martial arts en kick boxing uit.

Hy het goud in die Clash Sparring-kompetisie vir die ouderdomsgroep 16 tot 17 by 2019 se Amerikaanse Ope en NMA I.S.K.A.-wêreldkampioen­skap in Orlando, Florida, gewen. In 2018 het hy ook ’n eerste plek in Destiny, NMA I.S.K.A. SA se kampioenskap in die Continous-afdeling behaal. . Canan Moodie (18) van die Hoër Landbouskool Boland is ’n veelsydige sportster, maar blink veral in rugby uit en het sodoende ’n kontrak by die Blou Bulle losgeslaan.

Dié kranige buitesenter het vir twee agtereenvolgende jare vir die Hoër Lanbouskool Boland se eerste span gespeel en sy hoogtepunt was toe hy die WP se o.18-akademiespan gehaal het. Canan het ook ’n groot rol gespeel tydens die Hoër Landbou­skool Boland se jaarlikse rugbydag voordat die Covid-19-pandemie sport tydelik opgeskort het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.