Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Twee fietsryers skitter by kampioenskap in Bellville

Twee fietsryers van die plaaslike Rhadsport-fietsryklub het verlede week by die SA baanfietsrykampioenskap geskitter.

Dié kampioenskap is in die Bellville-Velodrome gehou.

Linwill Jansen, ’n lid van die halfberoepspan EGK, het vriend en vyand verras toe hy die junior afdeling oorheers en vier SA titels verower het. Jansen het in die gelykstaan-wedren, naelry, uitval-wedren en junior omnium koning gekraai.

Dié jong fietsryer het afgereken met die hoogaangeskrewe Matthew Fortuin en Storm King van Wes-Kaap en C.J. Bosman van die Oostelike Provinsie, asook Tiano da Silva van die Pro Touch-beroepsfietsryspan.

In die o.15-afdeling het Ethan Kulsen in vier van die vyf kampioenskapwed­ren­ne uitgeblink. Kulsen het goue medaljes in die 500 m-tydtoets, puntewedren, 1 500-enkel-agtervolging en 5 km-bondelwedren gekry. In die 1 500 m-bondelwedren het hy die silwermedalje verower.

Ethan het verras deur Daniel Grobelaar oortuigend te klop. Sy spanmaat, Zakarriyyaa Martin, het brons in die bondelwedren oor 5 km verower.

Twee ander Paarliete, Wade Theunissen en Graemme Ockhuis, lede van die plaaslike EGK-halfberoepspan, was self goed op dreef.

Theunissen het medaljes in die elite-naelry (brons), keirin en spannaelry (silwer) verower terwyl Ockhuis brons in die uitvalwedren en silwer in die spannaelry gewen het.

Die plaaslike ryers van Rhadsport-fietsryklub het altesaam 21 medaljes in dié kampioenskapsbyeenkoms verower.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.