Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Voorwaarts vir Newton!

Newton het Saterdag weereens bewys waarom die klub so hoog in Boland-rugby aangeskryf word toe hy sy onoorwonne status behou en met ’n sterbelaaide Ceres afgereken het.

Ceres het soos ’n sneltrein weggespring en binne 10 minute 17-0 voorgeloop. Newton het egter kalm gebly en stadig maar seker herstel.

Eers het Erwin Williams (senter) oorgebars vir ’n drie nadat Renaldo Pietersen mooi deurgebreek het. Kort hierna het Devrudin Abrahams ook sterk weggebreek en in die hoekie oorgeduik. Die rustydtelling was 24-14.

Ná rustyd het Newton soos ’n koeël uit ’n geweer weggetrek en Jason Fortuin (slot) het met brute krag oorgebars vir ’n drie.

Die speler van die dag, Ricky Jordaan (skrumskakel), was kookwater en het sy teenstanders met intelligente spel ore aangesit met sy breekslae en flinke skoonmaak agter die oond.

Agterlangs het veral Williams en Theodore Marinus beïndruk met hul hardlooplyne en het telkemale hul teenstanders met vlymskerp breekslae oorhoops gehad. Die damwal het vir Ceres gebreek en Keaton Booysen het met ’n langafstand-drie bewys waarom hy as ’n drieë-vraat beskou word deur sy opponente in die lug te laat gryp. Voorlangs het die jongelinge Elrico Claasen en Na-ym Jansen die skare behoorlik op hul voete gehad danksy klipharde inklimspel.

Die eindtelling was 57-37 vir Newton.

Die tweede span het 14-5 gewen, maar Ceres se derdes het nie opgedaag nie.

* Newton het nog ’n buitekans om die Boland-uitspeelronde te haal terwyl Hillcrest United se seisoen feitlik verby is.

Saterdag kom Newton in ’n derbywedstryd teen Hillcrest United op Boland se B-veld te staan.

Newton het sy laaste wedstryde teen Ceres, Hamlets en Delicious gewen en is op die kruin van die golf.

Hillcrest het egter gegly en sy laaste vier wedstryde verloor en net-net 7-13 teen Evergreens gewen.

Wedstryde begin 13:45 en ’n opwindende dag word voorspel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.