Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Wedstryd gaan nie maanskyn en rose wees

“Net nóg ’n wedstryd.”

Dís hoe Roses United se afrigter, Franzel September, sy span se half­eind­stryd Saterdag in die Boland-grootuitdaagbeker teen Saldanha be­skryf. Die wedstryd word op die Bolandrugbystadion in Wellington beslis.

September se span het die afgelope paar dae wêreldwyd opslae gemaak toe een van sy drieë in die kwarteind­stryd teen Proteas op alle sosiale­media­­platforms én op die televisie­program, SuperRugby, verskyn het.

Die Rose sal egter vinnig terug aarde toe moet kom indien die span na die eindstryd wil vorder.

Saldanha beleef ’n goeie seisoen én die Weskussers sal wil wraak neem nadat Roses hom vroeër vanjaar in die eindstryd van die Paastoernooi van Saldanha-Transnet in sy agterplaas geklop het.

“Ons benadering bly dieselfde. Ons hanteer die wedstryd soos al die ander. Ons einddoel is om Boland se verteenwoordiger by die Suid-Afri­kaanse Rugbyunie (Saru) se Gold Cup te wees en om dít te doen moet ons, ons titel as Boland-kampioen verdedig. Saterdag is nog ’n hekkie wat ons moet oorkom in ons strewe na ons doel,” het September vol vertroue gesê.

Saldanha spog met twee Welling­tonners in sy geledere met Lance Korabie (stut) en Emile Booysen (losvoorspeler) wat sal poog om hul mede-dorpenaars te onttroon.

“Saterdag se halfeindstryd gaan definitief hard wees. Die spanne is goed en ’n halfeindstryd is maar altyd moeilik. Roses het nog altyd die beste uit my gebring en ek glo die span wat sy geleenthede die beste gaan benut, sal as oorwinnaar uit die stryd tree,” het Booysen, die voormalige kaptein van Hillcrest United gesê.

Toeskouers kan uitsien na Korabie se tweestryd met Keenan Abrahams, Roses se vaardige vasskopstut. Dié twee het mekaar in die eindstryd van die Paastoernooi in ’n losgemaal “gegroet” ná ’n onderonsie wat gelei het tot ’n rooikaart vir Abrahams.

Roses het die wedstryd met 22-20 gewen ná strafdoel in die doodsnikke van die wedstryd.

. Halfeindstryde van die eerste liga: 10:00: Helderstroom vs. Stryders Barrydale (B-veld); 11:50: Young Warriors vs. Young Good Hope Ceres (B-veld).

. Halfeindstryde vir die gemeenskap-skildbeker: 13:40: Evergreen Nuy vs. Red Stars (B-veld); 15:30: Klipdrift vs. Die Dorings (B-veld).

. Streekuitdaag-halfeindstryde: 11:00: Saron vs. Worcester Persevearance (A-veld); 12:50: Majestics vs. Touwpark (A-veld).

. Grootuitdaag-halfeindstryde: 14:40: Wesbank vs. Worcester Villagers (A-veld); 16:30: Saldanha vs. Roses United (A-veld).

Hekke open om 09:00. Kaartjies by die hek is R30 vir volwassenes en R10 vir kinders en by Webtickets en Pick n Pay R25 vir volwassenes en R10 vir kinders.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.