Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Wolseley toon karakter teen Saron

Dit was Wolseley se passie en durf toe dit werklik saak gemaak het, teenoor Saron se fisieke aanslag wat Wolseley letterlik en figuurlik baie hard vir hul oorwinning laat werk het – iets wat hulle meesterlik uitgevoer het.

Wolseley, wat die uitmergelende wedstryd 29-19 gewen het nadat hy in die eerste helfte ’n voorsprong van 19-5 teen ’n goed gebalanseerde Saron-span opgebou het, was indrukwekkend om verskeie redes. Eers het Saron spel die eerste 30 minute oorheers ten spyte van ’n sterk wind van voor. Hulle was ook vir die tydperk die gevaarlikste span op die veld en het die tuisspan vir lang tye in hul eie halfgebied vasgepen.

Saron het goeie kanse om punte aan te teken, geskep, maar kon nie veel deurdringendheid op die aanval ten spyte van ’n oorvloed balbesit toon nie.

Die tuisspan se balbesit was wel min en onder druk, maar het met elke geleentheid wat hy vir homself geskep het, punte aangeteken wat uiteindelik die verskil tussen die twee spanne was.

Op losskakel was die speler van die wedstryd, Nathan van Wyk, die spil waarom Wolseley se spel gedraai het. Selfs met die wind van voor het hy sy stempel baie netjies afgedruk. Sy aanskoulike drie toe Rudi Jumath Saron se verdediging oopgevlek het, het die damwal laat bars ondanks beperkte balbesit.

’n Drie kort hierna toe die woelige Charlon Snyders pragtig van ’n skrum af weggebreek en Leandro Jumath met spoed weggestuur het vir nog ’n drie, het Wolseley se herlewing ’n verdere hupstoot gegee.

Twee doelskoppe deur Nathan van Wyk en nog ’n drie deur Rushaan Ambraal ná ’n mislukte buiteskop deur Saron het die moontlikheid van ’n oorwinning al hoe sterker laat lyk.

’n Drie deur Saron se Jackwa Klaase het die rustydtelling tot 19-5 in Wolseley se guns gebring.

’n Drie deur Durnian Pietersen en een deur Charlton Scholtz, albei verdoel deur Conroy Witbooi, het die teling met 10 minute oor op 19-19 laat gelyk trek en die wedstryd op die spreekwoordelike mespunt gebalanseer.

Dit was waar Wolseley met byna bomenslike karakter en durf met eer uit die stryd getree het, maar Saron kon nie die uitklophou plant nie.

Inteendeel – dit was Wolseley wat Saron se doppie op sprankelende wyse met twee uitstekende drieë beklink en Saron in sak en as gelaat het. Eers was dit J.P. Blaauw wat gaan afrond het nadat Wolseley die bal deur ’n paar fases geneem het, maar die kersie op die koek was minute voor die eindfluitjie toe Wilfred Vermeulen gaan afrond het nadat Wolseley ’n beweging van feitlik sy eie doellyn van stapel gestuur het.

Wolseley se tweede span het Saron 3-0 geklop terwyl Wolseley se derde span Saron 22-14 verslaan het.

Komende Saterdag speel Saron teen Tulbagh.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.