Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
50 jaar gelede

6 September 1968

Ongelukke: Baie na Hospitaal VYF motorongelukke het die naweek in die Paarl voorgekom. Een persoon is gedood in een van die ongelukke. Hy is Jan Basjan, ’n 22-jarige van Hoofweg, Newton naby Wellington wat Vrydagaand op slag gedood is toe hy deur ’n motor omgery is op pad tussen Huguenot en Wellington.

WHEELS OF STATION-WAGON STOLEN LEAVING a cinema last Friday night in the centre of Paarl, Mr. and Mrs. A. Theunissen of Swartvlei Street, Paarl, found that the two front wheels of their stationwagon had completely disappeared. Only the stumps of the axle showed on either side, the axle resting on a large stone.

WYNKONING Dit gaan swaar om Nederburg van die Paarl te klop. Jaar ná jaar maak hy skoonskip op die Kaapse Wynskou met sy rooi en wit droë wyn. Dit is weer die geval met vanjaar se Kaapse wynskou wat op 26 September op die Goodwoodse skouterrein gehou word. Die beoordelings is afgehandel en die wenners is sopas aangekondig. Daar was amper ’n duisend inskrywings wat maklik ’n rekord is. Nederburg het sestien bekers en beide goue medaljes verower. Die bekers sluit in die Generaal Smuts-trofee vir die mees uitstaande wyn op die skou. Nederburg is dus die land se wynkoning.

THREE NETBALL CUPS WON THREE netball cups have been won by Paarl teams this season. The first team had a runaway win of 46-16 over Paarl Training College and they have now won the Junior Boland Cup, being unbeaten. The indications are that they will play in the Senior Boland competition next year. Both the second and third teams of the club have won the cups in their respective competitions.

Tweelingsusters was doopouers TWEELINGSUSTERS, wat met twee broers getroud is, was onder die doopouers wat verlede Sondag in die Strooidakkerk hul babas laat doop het. Die twee egpare is mnr. en mev. Hugo de Villiers van Weltevreden en mnr. en mev. Paul de Villiers van Schoongesicht.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.