Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
50 jaar gelede

6 Februarie 1970

Berg aan brand: Twee mans, Martin Alies (60) en Piet Visagie (50) van Wesbank, Malmesbury, het hierdie week doodgebrand op Paardeberg in Agter-Paarl waar ’n reusebergbrand gewoed het. Die hele berg was een brandende massa. Die stadsraad van Malmesbury het ’n aantal brandslaners gestuur om die vlamme te blus en te verhoed dat dit die omgewing van Malmesbury bereik. Alies en Visagie was lede van hierdie groep brandslaners.

Telephone crisis at Paarl: Paarl’s new automatic telephone exchange, costing eight and a half million rand, has now been in operation for two months and is beginning to get over its teething pains. Paarl can dial direct to two hundred centres in the Republic. But while Paarl can dial direct to Johannesburg one thousand miles away it is not so easy getting Klapmuts. Formerly it took a few minutes or seconds to get Klapmuts seven miles away by telephone, now it may be an hour or more before one gets through.

Druiwe dood kind (4): ’n Nadoodse ondersoek wat uitgevoer is op Maureen Mentoor, ’n 4-jarige meisie, dui daarop dat sy oorlede is aan insekdoder. Die vermoede bestaan dat sy druiwe gevind het wat met gifstof bespuit was en dat sy dit sonder om dit te was, geëet het. Sy is in die omgewing van Nederburg dood.

  • 200 Gall. lost:

R60 000 om ‘Strooidak’ te Herstel: Die toestand van die geskiedkundige Strooidakkerk van die gemeente Paarl wek groot kommer. Kort ná die aardbewing op 29 September is berig dat skade ten bedrae van R20 000 aan die kerk berokken is. Hierdie week is egter verneem dat R60 000 benodig word om die kerk te herstel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.