Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
50 jaar gelede

13 Februarie 1970

Verdrink in dam by rivier: ’n Jong man, Hermanus Soutman (23) van Piketberg, het Dinsdag in ’n dam by die Bergrivier in Noorder-Paarl verdrink. Die dam is blykbaar gebou i.v.m. die Bergrivierskema waarmee ’n begin by Riviersonderend gemaak is. Soutman het Dinsdag na sy werk blykbaar in die dam gaan swem. Hy is vermis en daar is vermoed dat hy gaan swem het.

Millions of Passengers: Paarl’s new bus depot and bus terminal, erected on the outskirts of the town at a cost running well into six figures, was officially opened by the Mayor of Paarl, Mr N C Combrink, on Wednesday. The depot and terminal was formerly in the centre of the town.

Rugbyklub beoog verandering: Die Paarlse rugbyklub hou sy 87ste jaarvergadering op 24 Februarie. ’n Hele paar veranderinge word verwag. Daar is o.a. voorgestel dat die afrigter van die eerste span ’n lid van die komitee behoort te wees en dat die kaptein en onderkaptein van die senior span deur afrigters aangestel behoort te word.

Van D Stel follows example of Paarl: The application of the Van der Stel Cricket Club to affiliate with the Western Province Cricket Union, was discussed here this week at a special committee meeting of the Boland Cricket Union in the Central Hotel. It was reported recently that if Van der Stel were admitted to the Senior Cricket League of the Western Province, Eddie Barlow, vice-captain of the Springboks; and three other Western Province players, would probably join the club.

Kind op plaaspad gedood: Onderwyl hy op ’n plaaspad in die distrik met ’n stadig bewegende vragmotor gery het, het die bestuurder van die voertuig ’n aantal kinders op die pad sien speel. Hy het die toeter geblaas en die kinders het in alle rigtings laat spat. Daar was niemand sigbaar op die pad nie en hy het stadig voortgery. Meteens het hy uitroepe gehoor en stilgehou. Tot sy verbystering het hy ontdek dat een van die wiele oor ’n driejarige kind gegaan en haar op slag gedood het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.