Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
50 Jaar gelede

20 Februarie 1970

Koue oorlog teen H.J.S: Die Provinsiale Administrasie is na bewering besig om ’n koue oorlog teen die Paarlse Hoër Jongenskool, een van S.A. se bekendste en oudste skole te voer. Die skool is 102 jaar gelede gestig. Die Administrasie wil die skool omskep in ’n gemengde skool deur dit te laat amalgameer met Hoër Meisieskool hier. Ondersteuners is sterk gekant teen die stap.

Flood of phone calls: The telephone exchange at the Paarl Municipality was almost jammed with calls yesterday from anxious members of the public, wanting to know what the latest water restrictions at Paarl were. It was stated yesterday that no new restrictions had yet been imposed. These were still the same as were introduced on February 1.

Bainskloof toe: Bainskloofpas is van Maandag af gesluit vir verkeer en sal vir 12 dae tot 27 Februarie toe wees. Die doel van die sluiting is om die owerheid kans te gee om noodsaaklike herstelwerk aan die oppervlakte van die pad te doen. Die deel wat onder konstruksie is, sorteer onder die Afdelingsraad van Worcester en is sowat 150 treë van die Bainskloof-hotel aan Worcester-kant.

  • Two years of digging:

Sewe swemrekords is geslaan: Die Hoër en Laer Meisieskole La Rochelle het verlede Vrydag hulle jaarlikse swemgala gehou. Die sonsambrele en die oulike drag van die dirigente het tot die kleurrykheid van die toneel bygedra en die swemsters het heerlik in die koel water gebaljaar. Die vier spanne, Murray, De Villiers, Pride en Cillié, het om die spanbeker meegeding. Murray het die beker verower met 104 punte, terwyl Cillié tweede was met 52 punte.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.