Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Baie dankie vir jul hulp!

Met my besoek aan die Vendôme-wynlandgoed, Dinsdag 28 Augustus om 15:00 om ’n foto te neem, het ek kort daarna met my voertuig in die modderbad tussen die boorde vasgesit.

Myles Minnaar se gesin wat hulself uitstekend van hul taak gekwyt het en nog ook bereid was om saam met my al die drama deur te maak, baie dankie vir jul geduld.

Duisend dankies ook aan Andre-Louis Maingard, eienaar van die restaurant by Vendôme, vir jou vriendelike hulp. Jy het al die moeite gedoen om my geduldig uit die put te help. Jy het nie opgegee nie en ná die hoeveelste probeerslag en wilskrag het jy dit reggekry om my daaruit te kry. Die werkers moes al oppak, maar jy het seker gemaak dat ek gou gehelp kan word. Dankie ook aan Jacob Vangani wat by die restaurant werk, wat elke keer moes hardloop om gereedskap te gaan haal. Ek is dankbaar vir jul hulp. Vir die werkers wat geduldig moes wag, baie dankie.

Dit is darem min dat ’n mens iemand kry wat so vriendelik en behulpsaam is en bereid is om die tyd deur te bring om iemand so te help. Mag julle jul hele lewe lank geseën word met jul onbaatsugtige werk wat julle met soveel krag en deernis gelewer het.

Devidean Moses,
Paarl-oos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.