Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Die Bergrivier moet gerespekteer word

Omtrent elke jaar gedurende die somer, en veral gedurende hittegolwe, berig die Paarl Post oor verdrinkings of fratsonge­­lukke rakende die Bergrivier.

In dié week se tragiese voorval het ’n tiener verdrink.

Haar storie is net een van vele en in elke berig is die boodskap duidelik: Om in die Bergrivier te swem, is streng verbode.

’n Paarl Post-joernalis het vroeër vandeesweek deur argiewe geblaai en in ’n uitgawe van 1997 ’n berig gelees oor ’n verdrinking in die Bergrivier. Daar is selfs ’n gepaardgaande foto met ’n bordjie op wat swem verbied.

Die Paarl Post se kantoor raak ook bloedig warm en ’n private swembad is ’n luuksheid in vandag se sukkelende ekonomie en met die droogtetoestande, maar die Bergrivier vereis gesag.

Ouers moet hul kinders verbied om in die rivier te swem en volwassenes moet eienaarskap neem van hul eie veiligheid by die rivier.

Verder kom besoekers vanoor die Kaap, waar hulle swemstrande op hul voorstoepe het wat met menseredders toegerus is, die Paarl besoek.

Wetstoepassers maak die onwettigheid ook elke jaar duidelik, maar word selde gesien waar hulle enigiemand wegwys wat wil swem.

Dit kom maar neer op waarskuwing en bewusmaking – die rivier is nie jou maat nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.