Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Die droogte sal

Almal jubel die afgelope week ná baie goeie reënneerslae en boonop spierwit sneeubedekte berge, wat beteken dat plaaslike damme verder nóg baie water gaan kry.

Die Kaapstadse damstelsel is tans ongeveer 65% vol in vergelyking met ’n skamele 34% verlede jaar hierdie tyd.

En met die sneeu wat gaan smelt, behoort dit nog verder aangevul te word.

Nóg goeie nuus is dat waterbeperkings binnekort heroorweeg kan word. Drakenstein staan saam met Kaapstad vir streng waterbeperkings – vlak 6B.

Die munisipaliteit sê ook dat die gemeenskap deur die droogtetydperk mooi saamgewerk het om met waterbesparing te help, maar natuurlik, soos altyd, is daar mense wat versuim om gehoor te gee.

Net omdat die water hierdie winter goed geval het en die damme aansienlik voller as verlede jaar dié tyd is, beteken dit geensins dat ons die krane nou net mag oopdraai nie.

Die lesse wat ons die afgelope maande geleer het, moet vir die toekoms permanent by ons bly.

’n Klein voorbeeld is die feit dat die publiek byna nog altyd vars drinkwater gebruik het om toilette mee te spoel. ’n Groter vermorsing van water as dit bestaan seker nie.

Dan ook die aanhoudende natmaak van tuine, afspoel van sypaadjies en motoropritte en selfs die onnodige was van motors – alles met vars drinkwater wat eksklusief vir menslike verbruik behoort te wees.

Kom ons onthou ’n paar lesse, én die feit dat die droogte weer sal kom!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.