Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Die munisipaliteit moet sy plek ken

Die media steun swaar op elke moontlike bron om ’n akkurate weergawe van enige storie te publiseer.

As joernaliste is dit ons topprioriteit. Ons vra dus talle bronne vir hul weergawes en sif dan so objektief as moontlik om die waarheid vas te stel.

Min mense besef egter hoe moeilik dié taak kan wees as ons toegang tot inligting daagliks belemmer word; inligting en perspektiewe waarop lesers geregtig is, word onderdruk. Wat joernaliste verder moedeloos maak, is dat dié inligting veronderstel is om ons demokrasie te versterk en staatsinstellings, op menige vlak, te dwing om deursigtig te wees.

Die Drakenstein-munisipaliteit het ’n ANC-raadslid en ook hoof van die opposisieparty, Moutie Richards, dissiplinêr verhoor omdat hy sy eie mening met die Paarl Post gedeel het. Die munisipaliteit beweer hy het die munisipaliteit se gedragskode oortree, maar neem nie in ag dat sy grondwet­like reg op vryheid van spraak hul gedragskode verreweg oorskry nie.

Dié klas van onderdrukking van enigiemand se mening, of hul reg om inligting te deel ongeag hul politieke oorwegings, is ongrondwetlik.

Suid-Afrikaanse burgers het die reg om te hoor wat enigiemand te sê het en dan self te kies wat om daarmee te maak. Die munisipaliteit moenie jou dinkwerk vir jou probeer doen nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.