Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Het Paarl nog verkeerslui?

Ek wil graag weet of die Paarl nog verkeerskonstabels het wat die wet kan of wil afdwing. Ek sluit puntdiens uit.

Tans neem die wetteloosheid toe teen ’n verbysterende spoed. Ek praat nie eens van afwesige veiligheidsgordels en selfoongebruik nie! Dis veral die algehele disrespek en gebrek aan kennis van taxi’s wat ek wil ophaal.

Tans is dit lewensgevaarlik om die Boulevard en Lady Greystraat-kruising of van Riebeeckweg en Lady Greystraat- aansluiting te gebruik. Bane geverf beteken niks. Taxi’s druk in of ignoreer die verkeersligte.

’n Voormalige verkeerskonstabel van die Paarl wat nou in ’n naburige dorp werk, het aan my gesê dat hulle by die Paarlse verkeersowerhede gaan kla het oor die intimidasie deur sommige taxi-eienaars wat hulle moet verduur. Die betrokke lid van die verkeersowerhede se antwoord was “hoekom skryf julle die taxi’s?”

Sal die verkeerskonstabels asseblief weer reg en orde begin toepas? Of indien u geïntimideer word, kom ons kry beamptes van naburige dorpe om hier te kom klopjagte hou. Kom ons wetsgehoorsame bestuurders eis vir ons almal weer ’n veilige Paarl op.

J. Joubert,
Paarl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.