Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Hierdie gemors pla

Sedert die munisipaliteit verlede jaar Nantesstraat geplavei en randstene hier by Commercialstraat vervang het, lê die ou randstene steeds op die sypaadjie wat nou ’n lekker kuierplek vir dronk bergies geword het.

Nie net is die hoop randstene onaansienlik vir ons wat hier woon nie, maar die gesuip wat daar plaasvind lei tot allerhande probleme hier in ons buurt.

Ons het al hoeveel keer gevra dat die stene verwyder word, maar steeds word niks hieraan gedoen nie.

Dit raak nou heeltemal onaanvaarbaar dat ons as huiseienaars en belastingbetalers in die Paarl se geld net gevat word, maar ons kry basies niks in ruil daarvoor nie.

Is daar nie ’n belastingbetalersvereniging aan wie ons eerder ons belastinggeld kan betaal wat dan sal toesien dat dit op die regte plekke bestee word nie?

Of moet ons maar net aanhou gee aan die “gryspaleis” wat ons geld elders uitgee?

J.C.,
Paarl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.