Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Hoe kan ons dié rommelstrooi keer?

Dit is verfrissend om te sien dat werkers van ’n plaaslike liefdadigheidsorganisasie die moue oprol en self inspring om die gemeenskap op te voed oor hoe belangrik dit is om hul gebiede skoon te hou.

HEART NPO het die afgelope naweek saam met die gemeenskap van die Smartie Town-omgewing in Paarl-Oos byna drie ton rommel opgetel en weggery.

Dit is ’n reusagtige hoeveelheid, en dit in net ’n klein gebied van Drakenstein.

Rommelstrooi is sekerlik een van die mees onooglike aspekte van Drakenstein en dit lyk asof dit al erger word. Dit maak nie saak in watter gebied jy is nie – die rommel lê nou oral.

Plastiekbottels en -sakkies, blikkies, papiere en dies meer lê wyd gestrooi.

Dit behoort eerstens die plig van ouers en onderwysers te wees om kinders van jongs af op te voed oor hoe belangrik dit is om nie rommel te strooi nie. Maak dit deel van hul lewensplig dat rommelstrooi geheel en al onaanvaarbaar is.

Dan behoort die munisipaliteit rommelstrooi ook baie meer ernstig op te neem – indien iemand hulle hieraan skuldig maak, laat hulle ’n halfdag lank of so gemeenskapsdiens verrig en rommel in die strate optel. Dit kan ’n prettige straf wees – veral in die versengende hitte van die somer!

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.