Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Inwoner vra hoekom vir vuil water betaal moet word

Vrydagoggend was die water by my huis in Charleston Hill sonder enige kennis meer as twee uur lank af.

Ek neem aan ’n pyp het iewers gebars, want ons is nie vooraf in kennis gestel nie. Ek verstaan heeltemal dat hierdie soort goed gebeur.

Maar hoe nou gemaak met die klomp modder wat eers by die krane uitkom en al die vuil water wat ek eers moet uittap voor die water skoon is? Dit het my seker 40 minute geneem voor die water weer skoon was.

Wie betaal die waterrekening – sekerlik ek? Ek weet die damvlakke lyk beter, maar die waterbeperkings is mos steeds geldig en die hoë watertarief ook.

Ek probeer regtig spaar waar ek kan.

Hoe kan ons dit in die toekoms verhoed?

Is daar ’n manier waarop die munisipaliteit kan verseker dat daar nie modderwater by my krane uitkom en ek nie verantwoordelik gehou word as my waterverbruik hoër is nie?

Vuil Wasgoed,
Paarl
Dirk Hattingh, Uitvoerende Direkteur: Ingenieursdienste, Drakenstein-munisipaliteit reageer: Wanneer Drakenstein-munisipaliteit beplande werk aan pypstelsels uitvoer, word verbruikers gewoonlik 48 uur voor die tyd in kennis gestel. Met onverwagse of onbeplande barspype is dit egter nie moontlik nie. Ons probeer barspype so vinnig moontlik herstel en ook pypstelsels met kroniese barste vervang mits voldoende fondse beskikbaar is.Dit is wel so dat bruinwater van tyd tot tyd in verbruikers se stelsels beland. Die Munisipaliteit probeer egter verhoed dat dit gebeur - sover moontlik - deur die munisipale stelsel ná herstelwerk aan ’n barspyp te spoel. In die skrywer se geval, blyk dit dat van die bruinwater wel in die stelsel agtergebly en in die pypstelsel beland het. Die Munisipaliteit vra die skrywer asseblief sy of haar adres aan die Munisipaliteit by 080 131 3553 (tolvry) te verskaf sodat ons die eiendom kan besoek om verdere spoelwerk te onderneem.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.