Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Inwoners kla, maar wie mors?

Ons geld is belangrik, maar dienslewering is swak.

Dis nou meer as twee weke en die Drakenstein-munisipaliteit steur hom min aan die skoonmaakklagte oor sommige strate hier in Wellington.

Ek dink ons mense moet ’n slag saamstaan en voor hul netjiese kantoor gaan toi-toi.

’n Mens sien net in sekere gedeeltes elke keer manne met besems. Is dit dan die gebied waar ons woon wat tel?

Lyk my daar word net aandag gegee aan mense met status. Ons arm mense hier in die vuil en morsige gebiede betaal vir dienslewering en vul darem jul geldkoffers, so, doen tog asseblief iets vir die gemeenskap en luister na ons pleidooie.

Christopher Samuels,
WEllington
Marius Wüst, die uitvoerende direkteur van ingenieursdienste by die Drakenstein-munisipaliteit, antwoord: Die Drakenstein-munisipaliteit het pas ’n span van 80 werkers van die uitgebreide openbare werke-program en 10 toesighouers met bakkies aangewys om met die verwydering van onwettige stortings in verskillende gebiede te help. Ons moet egter die vraag vra wie vir hierdie onwettige stortings en rommelstrooiery verantwoordelik is. In die meeste gevalle is dit die inwoners van Drakenstein self. Ons doen ’n ernstige beroep op ons inwoners om betrokke te raak by die opruiming en skoonmaak van hul onderskeie gebiede. Inwoners is welkom om die munisipaliteit se vaste-afval-afdeling by 021 807 4708 (in kantoorure) te kontak indien ’n gemeenskap of wyk by die opruiming van hul woongebied betrokke wil raak. Wellington se sakekern word sewe dae per week met ongeveer 10 werkers gediens. Die span straatveewerkers werk weeksaande tot 19:00 en naweke tot 20:00. Die Drakenstein-munisipaliteit bestee miljoene rand aan die opruiming en skoonmaak van gebiede ten opsigte van onwettige stortings. Ons het ook reeds geriewe aan sekere woonbuurte voorsien waar inwoners hul rommel en vullis kan stort, maar ongelukkig is van hierdie geriewe in brande vernietig. Die munisipaliteit is tans besig met die goedkeuring van ’n nuwe verordening wat sal bepaal dat beslag op oortreders se voertuie gelê kan word indien die voertuig gebruik is vir/tydens ’n onwettige storting. Ons vra inwoners om asseblief geduldig te wees totdat ons beskikbare personeel en toerusting in u omgewing kan ontplooi om onwettige stortings te verwyder.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.