Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Kan hierdie mense iemand se lewe red?

Ek was nege jaar lank ’n menseredder.

Nie een keer het ek as skofleier, wat self ’n roker is, voor swemmers gesit en rook nie, of toegelaat dat my mede­menseredders rook voor swemmers wat hul dag by die see/swembad kom geniet nie.

By die Drakenstein-swembad sit en rook die menseredders só voor die swemmers dat hulle nie eens sigbaar is nie (geen geel-en-rooi uniform aan nie). Hulle is geklee in normale civvies.

Pleks daarvan sit hulle by die ingang van die swembadgebou, gemaklik onder die dak se skaduwee, en rook, speel games op hul fone of gebruik WhatsApp, hou gesprekke en deel grappe onder mekaar met niemand se aandag op die swembad of die swemmers nie.

Die skofleier loop nog met tekkies aan sy voete; daar is geen menseredder op die toring of op elke punt van die swembad beskikbaar of te siene soos dit behoort te wees nie.

Ek wens ek kon foto’s geneem het hiervan om aan die publiek en koerant te toon, maar ek het geen reg of toestemming om dit te doen nie.

Die mense is nie veilig by die Drakenstein-swembad nie.

Hierdie sogenaamde menseredders het dringend opleiding nodig en die feit dat hulle voor mense sit en rook, is my ‘ever end’.

Hierdie is ’n belangrike diens wat hulle aan die publiek lewer, want ander se lewe word in hul hande geplaas.

Bekommerde menseredder,
PaarL
Gerald Esau van die Drakenstein-munisipaliteit reageer: Die rook-aangeleentheid is onmiddellik met alle toesighouers en menseredders by ons onderskeie swembaddens opgeneem. Dit is onaanvaarbare gedrag en is met onmiddellike effek gestaak. Alle menseredders is voorsien van die voorgeskrewe kleredrag en dit is verpligtend dat hulle dit te alle tye aan diens moet dra. Die nodige korrektiewe optrede sal ingestel word as dit nie nagekom word nie. Die verbod op die gebruik van selfone aan diens word konstant aan alle toesighouers voorgehou en hierdie beweerde gedrag is nie in pas met die operasionele bedryfs- en bestuurswaarnemings nie. Die veiligheid van alle gebruikers van die openbare swembaddens is van kardinale belang en bly ’n prioriteit vir die munisipaliteit.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.