Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Kinders op paaie kwel

Elke oggend is ek skoon op my senuwees vir die laerskoolleerders wat die besige paaie moet oorsteek.

Nêrens is ’n voetoorgang nie en buitendien is sekere motoriste so barbaars en stop hulle nie eens vir leerders nie. Tennantstraat is soggens so besig en leerders sukkel om daardie pad oor te steek. Dit is vir seker nie net links en regs kyk en die pad oorsteek wanneer dit veilig is nie.

Elke oggend hardloop die leerders agter motors verby om oor die pad te kom wanneer hulle dink dit is veilig. Hulle neem egter nie die aankomende verkeer in ag nie. Maandag toe hardloop hulle voor my motor in. Ek het hulle gelukkig betyds gesien.

Dit is nie altyd moontlik vir ouers om saam met hul kinders tot by die skool te loop nie, maar ek wil ’n versoek rig aan ouers en skole om die kinders te leer hoe om ’n besige pad oor te steek.

Gayle,
Paarl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.