Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Luister en gee jou samewerking in die tyd van die Covid-19-pandemie

Dit is skokkend, nee tragies, dat menige mens, veral die landelike gemeenskappe en mense in die townships, min of geen kennis dra oor die lockdown of die virus nie.

Hier het Paarl Post wel sy deel gedoen. Maar die plaaslike gemeenskapsradio­stasies het gefaal in hul bewusmaking van die publiek!

Indien hulle hul bewusmaking vroeër begin het, sou mense meer inhuisig gewees het en die maatreëls stiptelik gevolg het. Onnodige konfrontasie met die dwarstrekkerige en oningeligte individue sou vermy gewees het en luidrugtige partytjies sou nie aan die orde van die dag gewees het nie. Baie mense lees nie koerant nie, maar het darem ’n radio wat die meeste van die tyd op hul gemeenskapsradiostasie ingeskakel is, in die huis, werk of motor. Daar is nie eens ’n dokumentêre program oor die inper­king of feite oor die virus saamgestel wat sommige aanbieders in hul program­me kon speel nie, of geprogrammeer word dat dit op spesifieke tye uitgesaai word nie. Van ons gemeenskappe bly op ’n hoop in hul beknopte blyplekkies en dis ’n teelveld vir dié astrante virus! Hulle moet bereik word. Hul lewe en dié van mense rondom hulle is op die spel.

Die publiek moet die pandemie ernstig opneem en minder ligsinnig en skepties wees. Hou op rondloop! Beskerm jouself. Luister en gee jou samewerking.

Ernest Loth,
Paarl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.