Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Nog ’n ‘renbaan’ vir die Paarl in wording?

Nou word belastingbetalersgeld van sowat R20 miljoen uitgegee om nóg ’n “renbaan” vir Paarl te bou.

Die verlenging van Van der Stelstraat reguit tot by Klein Drakensteinweg gaan sekerlik nou die onwettige drag racers se plaaslike mekka raak.

Ek kan sommer al hoor hoe rev die enjins en skreeu die bande in die middernagtelike ure hier, asook die klank van die simpel ondersteuners hiervan wat lekker sit en juig langs die pad, dop in die hand.

En aangesien die verkeersafdeling van die munisipaliteit so hopeloos is, is dit seker net ’n kwessie van tyd voor diegene sommer by hierdie laatnag jaagtogte braaivure gaan laat brand en die partytjie is dan behoorlik aan die gang en oop vir almal.

Maar dan sien ek ook weer ’n voorbladberig waarin mense dood is in motorbotsings – veroorsaak deur hierdie jagery?

Het die stadsbeplanners aan hierdie gevolge gedink voordat hulle hierdie “renbaan” goedgekeur het?

Dirk,
Paarl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.