Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Nog skole kan dié druk verlig

Dit is regtig ’n riem onder die hart om te sien hoe ons plaaslike skole presteer.

In verlede week se Paarl Post is berig oor die plaaslike skoolhoofde wat vereer is. Paarl Post het ook al voorheen berig oor onderwysers wat vereer is en natuurlik kom die topleerder in die land, Madelein Dippenaar, ’n matrikulant van Hoërskool Gimnasium Paarl in 2019, ook uit ons geweste.

Al die skole kan trots wees op hul hoofde, onderwysers en leerders.

Ons skole is duidelik ’n groot aantrekkingskrag vir mense wat Paarl en Wellington as tuisdorp kies. Dit is seker ook hoekom daar so min plek in die skole is en ouers so sukkel om plek vir hul kinders te kry.

Nog ’n skool of twee kan sowaar die druk op oorvol skole verlig en dit kan net lei tot nog meer suksesse en meer leerders wat goed slaag.

Net soos die werkende klas die meeste van hul tyd by die werk deurbring en ons as werkers graag ’n werk-atmosfeer wil hê wat goed is vir jou gemoed, moet ons ook toesien dat ons skole ’n plek is waar ons kinders gelukkig is. Ek kan net dink ’n oorvol klas kan vir niemand aangenaam wees nie. So, ons hou duime vas vir nog goeie skole in die dorp!

Gayle,
Paarl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.