Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Rommelstrooiers ‘is onopgevoedes’

Al die rommelstrooiery in Paarl en Welling­ton is onooglik en dryf meer en meer inwoners weg en skrik besoekers af.

Tog is dit hoofsaaklik die inwoners wat die rommel strooi en nie die munisipaliteit nie. Buiten die deurlopende verantwoordelikheid om skoon te maak, is dit miskien tyd vir ’n ander benadering. Munisipaliteite moet miskien die inwoners wys hoe morsig hulle is en foto’s plaas van hoe die omgewing lyk ná skoonmaakaksies.

Begin sommer met Wellington se middedorp. Wys hoe dit op ’n Vrydag ná 18:00 lyk en dan weer op ’n Saterdag­aand voor dit skoongemaak word.

Dit is dalk ongrondwetlik om ’n rommelstrooier ’n onopgevoede morsige vark te noem, maar dalk is dit tyd dat ons die Grondwet só moet omskryf dat die rommelstrooiers nie beskerm moet word nie en na hulle verwys word as ongepoetste, varksugtige en onopgevoede lede van ons samelewing.

Willem Botha
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.