Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Stemme
Rugby: Hoekom nie oral so?

Ek skryf hierdie brief met ’n swaar hart – nog ’n rugbyseisoen is op hande en steeds is ons rugbyvelde in ’n haglike toestand; selfs nog erger as in die 2019-seisoen.

Ek het die voorreg gehad om as jong tjokker in die “Kraal” my rugby te leer en is daarna na Daljosafat om rugby te speel. Hier is groot provinsiale wedstryde gespeel en jy as klubspeler het daarna uitgesien om op die hoofveld te speel wanneer dit jou klub se beurt was om daar te speel – totdat iemand die sleutels van Daljosafat-stadion vir Boland Atletiek gegee het.

Nie eens die fasiliteit onder die paviljoen waar so lekker tussen teenstanders en toeskouers gekuier is, was meer vir ons beskore nie. Daljosafat-stadion het intussen ’n witolifant geword wat net twee maande van die jaar vir skoleatletiek gebruik word. Daljosafat se buitevelde is in ’n swak toestand vergelyke met ander velde in WP en Boland. Dit is ook die onvriendelikste toeskouervelde met getroue toeskouers wat reën en ander elemente in die wintermaande moet trotseer.

Dit bring ons by Faurestraat-stadion.

Ons het destyds hard baklei en ongeag dreigende hofsake is Faurestraat-stadion terug in die hande van die breë rugby gemeenskap.

Ons weet Augustus is interskolemaand en van Julie af word onverpoos gewerk om die stadion en veld reg te kry.

Niemand stry daarteen nie, maar hoekom kan ons ander velde nie dieselfde behandeling kry nie?

Laastens – Die Kraal. Ek sal onder korreksie praat indien ek sou sê ek weet wat die toedrag van sake daar is, maar al wat ek hoop, is dat die volgende spit-seremonie en Kodak-oomblik binnekort hopelik die opening van die Die Kraal sal wees.

Hierdie brief is nie om mense af te kraak nie, maar net om ons rugbymense se frustrasies te opper, want rugby het my gevorm as jong seun en rugby kan steeds so baie doen in vandag se samelewing om jong mense uit die kwaad te hou.

Bekommerde rugbyliefhebber,
Paarl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.